Die trou venue waarna jy so lank al soek lę aan die
voet van die Magaliesberg en teen die teerpad, sowat 7 km buite Pretoria
in die rigting van Hartbeespoortdam. Ons romantiese opelug
kapel asook die outentieke formele kapel is per motor
of koets bereikbaar. Van daar kan jy die rooi tapyt na
die preekstoel betree. Speelse, kreatiewe en romantiese
areas is oral op die terein geskep vir jou mooiste foto’s.
Ons ruim wittebrood suite is die toonbeeld van gerief
en die ontbyt onverbeterlik.
Die blote gedagte aan ons lekker boerekos laat mens
sommer kwyl. Smaaklike tradisionele geregte soos
skaapboud, pampoenkoekies en malvapoeding lok gaste weer en weer na die
opskep area terwyl die ontspanne plaas atmosfeer hulle
van alle sorge laat vergeet.
Handgemaakte linne, kwaliteit breekware en messegoed
is soos die meubels, deel van die pakket. Persoonlike aandag van die
eienaars en die feit dat ons net een troue per naweek bespreek, verseker
dat jou troudag ‘n dag word om te onthou.